Wat is n ontsagwekkende dag / What is a awesome day

Wat maak n ontsagwekkende dag? Dis nie die bollie werk of die rye waarin mens moes staan by die winkel. Nee. Dis daai oomblik wanner jou hondjie verby jou hardloop met n slipper wat sy gesteel het. Wanner jy daai glimlag kry en als los om agter haar aan te hardloop. Onskuldig maar stout. Wanner jy net die oomblik in jou kop het en van al die ander goed vergeet.

Die dae wanner jy n prentjie of boodskap sien en dit aktiveer duisende emosies en gedagtes. As jy op gelig kan word deur die klein goedjies. Om met iemand te praat oor wat jy doen en eenvoudig net n konneksie te maak.

As jy iets reg kry wat jy nie gedink het jy kan doen nie. Dis n ongelooflike gevoel.

Sulke dae is ontsagwekkend en iets om oor te skryf.

English Translation:

What makes an awesome day? It’s not the bore of work or the rows in which one had to stand at the store. No. It’s that moment when your puppy runs past you with a slipper she stole. When you get that smile and leave everything to run after her. Innocent but naughty. When you just have that moment in your head and forget about everything else.

The days when you see a picture or message and it activates thousands of emotions and thoughts. If you can be lifted by the little things. Talking to someone about what you do and just making a connection.

If you get something right that you didn’t think you could do. It’s an incredible feeling.

Such days are awesome and something to write about.