Category Archives: Afrikaans

So paar afrikaanse goedtjies.

Is motte lief vir lig

Het jul al gewonder hoekom motte na lig toe aangetrek is? Die wetenskaplike teorie is dat hulle geprogrammeer is om op te vlieg na die maan, dus dink hulle die lig is die maan. Daar is n ander teorie wat se dat die mannetjie motte word na die lig aan getrek want die lig aktiveer een of ander feromoon. Ek wonder dikwels of hul net van die lig hou want dis mooi.

Net soos die mot na lig, is n mens na die idee van liefde aangetrek. Die skerp lig wat baie gaaf lyk. Ons gaan na die lig toe, maar ons weet nie hoekom nie. Dis n ingeboude instink wat jou soos die mot, tot jou dood kan laat lei, of jou kan maan toe laat vlieg.

Weet die mens, soos die mot wat die verskil is tussen wat mooi lyk en liefde is? Ek dink meeste van ons vind die eers later in die lewe uit en van ons nooit.

Solank ons aan hou vlieg is daar hoop en n kans om te leer.

N dag, so vinnig

In die vroe oggend, koud en kalm

word ek wakker met n alarm.

Werk is die uitsig, daar is n doel in die lug.

Enige iets kan gebeur, sleg of goed, ek kan myself beheer.

Al die dinge, al die tyd

Wat is nog n besluit.

Berge bestaan maar net uit klippies

Wanner jy in die onbekende staar. Wanner jou inner stem skree, onthou groot goed is net eenvoudig n kombinasie van klein goedtjies. Minute is maar net sekondes. Programme is maar net prosesse. Die berge bestaan maar net uit klippies. Sukses is wanner jy aan kan hou terwyl die rest van die wêreld op gee.